Ons het die naweek weer saam ou Skopbeen legends gekuier en gedink ons moet hierdie ding weer op die pad kry. Dis seker die 100ste keer in 5 jaar. Never say die. Social networks maak dit ook makliker om nie rejected te voel met goed soos updates in Facebook en Twitter nie.
En since common nou hoogmode is gaan ons terug na ons root toe. Pas ons.
Maak seker jy join die Skopbeen Fanpage op Facebook om updates sommer binne in FB te kry. Jy kan ook natuurlik uitslaan op Skopbeen met jou Facebook credentials. Lekker. Panna as jy dit sien. Like dit.
Hoe min ons ook al update. Ons gaan niks van die Michael Jackon ding se nie. Julle is meer as genoeg om juicy details en conspiracies te gaan uit check by www.tmz.com. Geen celebrity is safe nie.
Dankie vir al die jokes oor die jare Jacko.
Ek lees nou net weer iets wat my goed die moer in maak. Corporates wat so gou is om hulle legal teams te kry om website owners bang te maak oor kak soos “intellectual property”. Dit gaan oor ‘n blog wat ‘n dude vir CokeFest gemaak het. Eenvoudige blog met ‘n kakhuis vol members wat CokeFest aanhangers is ens ens. Coke kom toe en se: “Handsup!” Dis ons logo (en some storie oor advertising, wat ek ook dink belaglik is, as hy die visitors het dan behoort hy ook die rewards te kry)….
Continue Reading »
Ek was lanklaas so excited oor iets wat dalk mag gebeur. Ek check hom vanoggend op Facebook en dit lyk asof daar talks is dat die 80 million 80′s metal band Megadeth dalk die stages van SA mag betoor. Die catch is, niks is confirm nie. Maar hoekom sal iemand so siek joke maak? Daar is niks om oor Megadeth te se nie, alhoewel dit een van daai WP of Noord Transvaal debates is. Either jy is Metallica getoor of jy is meer Megadeth bekoor. Al my tjommas weet ek is nie Metallica getoor nie en ek sal hierdie vir geen iets mis nie. I’m there like a bear.
Ek hou ons up to date. Tease solank jou hare, hier kom iets.
Ek love dit om die pis uit hierdie “talent” show te vat. Hoekom? Want dis moerse goeie entertainment. Dis goeie TV. At least net tot die auditions verby is. Ek kan nie care vir wat daarna gebeur nie, dan raak dit tegnies, jy moet so lyk, jy moet so sing, moenie soos Alicia Keys klink nie, sing cabaret en sulke kak. Well, ek het vanoggend op sy eie “dedicated” channel gesien dis terug. Paar changes as in die verlede maar die Schuster moments is steeds daar. Daar’s ‘n nuwe long legged blonde presenter en jy kan nou instrumente saam vat na die audtions toe (ons is nie juis met Eric Claptons geseen in SA nie). Ek dink die producers is baie bly hulle het PE ‘n skip gegee. Verder is die 4 suur moere steeds daar om judgement te lewer op ‘n tiener meisie wat haar ma se Truworths rekening die dag voor die tyd gaan blaas het. Hulle lag steeds vir Afrikaanse mense en Randall is steeds Elvis befok. Check dit uit, ek weet nie wanneer dit op is nie, (die 24 channel is natuurlik 24h) maar jy kan by http://www.mnet.co.za/Idols/ die tye check en hoe Jan De Le Rey “Wagnar” sy naam met ‘n plank slaan. O ja en moenie die Goth coloured chick van Darling wat Cradle of Filth smaak mis nie. Classic.
Written on 02 February 2009
by Adriaan under
TV
with
Ek is ‘n bra wat nie like van gras sny nie. Ek scheme ek het seker nog net like 5 keer in my lewe gras gesny. Die hele “passop vir die cord” mission IS vir my ‘n mission. En petrol is duur. So toe kom ek af op iets wat ek dink die gras sny ding kan trim. Robomow. Dis presies soos die vacuum cleaner robot ding. Net outdoors. Dis nie juis cheap nie, maar na ek die calculator nader getrek het, het ek gesien jy break even na 207 betaalde snye teen 70 skille ‘n pop. Not bad. En met advantages dat jy nie elke Donderdag jou hek moet gaan oopmaak en jou gordyne hoef toe te trek nie. Hierdie ou het alles, ek praat hier even van pre-set weekly programmes ens ens. Van ‘n single charge (ja dis elektro) kan jy 300²m doen ens ens.
In short – Robomow is the ultimate in mowing convenience. It is a fully automatic lawn mower, designed to mow and maintain your lawn completely by itself. It is designed for domestic (consumer) lawns and can handle any garden that a traditional gas or electric walk mower can handle, irrespective of the shape and slopes of the garden, obstacles and type of lawn.
Check dit uit en as jy voel jy skuld my iets, ek sal een vat. – http://www.thegadgetshop.co.za/products.php?prod_sec_id=382
Ons het nog ‘n stap verder gegaan met integration met Facebook. Hierdie keer ‘n application. Net soos Poke en ander tipe kak wat jy kan doen. Hierdie app is net bietjie meer usefull as die “Gee jou blommetjie water” kak. Check uit http://apps.facebook.com/skopbeen/ en add die application. Jy kan nou die hele edition Skopbeen in jou Facebook kry EN ook comment daaruit. In fact, dis fokkol nodig om ooit weer die real deal uit te check behalwe vir die forums of iets nie. Invite jou friends as jy scheme hulle sal dit like. Dit sal ook ‘n klein shortcut automaties add op jou Applications Bar vir quick access.

Slim ne?

Skoppie maak kak in die ene. Check hom uit. Wat was die chances nou anyways?
Vir diegene wat wil sien hoe Ramfest 2008 afgeloop het en nog nie weet van die DVD wat beskikbaar is nie, julle kan dit online kry by Subterania Music. Dis ‘n action packed double DVD met verlede se show en ook die Air Guitar Champs. Daar is ‘n kak huis vol tracks en video op en defnitief die moeite werd vir ‘n reendag en af show by ‘n house party.
Check bietjie die link uit by Subterania.
Die DVD is 200 skille. Dis fokkol. Koop.
Skopbeen kan ook nou op jou selfoon geview word sonder die hele site. Access net www.skopbeen.co.za van jou selfoon af en dit sal automaties direct word na die Mobile Edition toe.
Alles is daar.
Pretty handy om te check wat gaan waar aan op die move.